Drikus die Drakie – Storie en Knuffeldiertjie Stel
Drikus die Drakie – Storie en Knuffeldiertjie Stel
Couldn't load pickup availability
“Drikus die Drakie” is ’n hartroerende verhaal oor ’n jong drakie met ’n groot droom om sy Pappa by die werk te help. Drikus, met sy koddige ronde lyfie en klein vlerkies, is vreeslik opgewonde om saam met Pappa houthuise te bou. Maar soos alle klein drake, sukkel Drikus nog om sy vlamme te beheer – wat tot ’n paar onverwagte kinkels in die storie lei.
Saam leer Drikus en sy Pappa waardevolle lesse oor geduld, deursettingsvermoë en hoe om die uitdagings van drakie-wees met liefde en vasberadenheid te oorkom. Met elke avontuur groei Drikus se selfvertroue, en die band tussen pa en seun word net sterker. Dit is ’n vreugdevolle viering van familie, liefde, en die genot om nuwe dinge te leer.
Nou kan kinders die storie nóg meer intens beleef met die sagte Drikus-knuffeldiertjie wat saam met die boek kom. Hierdie oulike speelkameraad bring die karakter lewendig en maak dit moontlik vir kinders om hul eie avonture saam met Drikus uit te leef – of dit nou tyd is vir speel, stories, of slaaptyd.
🎁 Perfek as ’n spesiale geskenk vir verjaarsdae, babatees of enige geleentheid waar verbeelding en liefde gevier word.
Share
Produk inligting
Produk inligting
Geskik vir
Geskik vir
Taal
Taal









-
Trots SA
Al ons produkte word geheel en al plaaslik vervaardig
-
Duursaam
Hoë gehalte papier, dikker en sterker as gewone kinderboeke
-
Hartlik
Geweef met temas van liefde, groei, deursettingsvermoë en avontuur
-
Veeltalig
Meeste boekies is Afrikaans, maar ons het ook in Engels