Skip to product information
1 of 3

Louis Llama Storie en Knuffeldiertjie Stel

Louis Llama Storie en Knuffeldiertjie Stel

Regular price R700.00 ZAR
Regular price R750.00 ZAR Spesiale Prys R700.00 ZAR
Spesiale Prys Toekomstige Uitgawe
Belasting ingesluit Versending word tydens betaling bereken.

Louis Llama is mal oor stories, maar wil niks hoor van kabouters nie. Nee, hy soek dapper helde en groot avontuur. Wanneer hy een nag wakker skrik van ’n vreemde geluid, ontmoet hy ’n kabouter met die naam Knoffel wat hom op ’n merkwaardige reis na Wonderwoud neem. Hier moet Louis braaf wees en help om die Koning se pasgebore prinsie te red. Met ’n swaard in die hand, leer Louis dat ware dapperheid in elkeen van ons skuil – al was dit alles net ’n droom... of dalk nie?

Hierdie betowerende storie van waagmoed en avontuur sal kinders inspireer om in hul eie drome te glo, en wys dat stories oor kabouters vir almal is, nie net vir meisiekinders nie!

Hierdie stel sluit die pragtig geïllustreerde boek én ’n sagte, oulike Louis-knuffeldiertjie in. Kinders kan die storie lees én dan hul eie avonture saam met Louis uitbeeld – of dit nou tyd is vir speel, slaap of net ’n drukkie. Louis is gemaak van sagte, hoëgehalte materiaal en is perfek vir klein handjies.

🎁 ’n Ideale geskenk vir verjaarsdae, babatees of enige kind wat op soek is na ’n storie én ’n vriend vir die pad.

Produk inligting

STORIEBOEK:
36 Bladsye
Buiteblad: 350 gsm sagteband met laminaat
Binneblaaie: 200 gsm met laminaat

KNUFFELDIERTJIE: Hoogte - 23cm
Lengte - 24cm
Breedte - 11cm
Gewig - 176g

Geskik vir

Taal

Afrikaans

View full details
  • proudly South African icon for all products and Knuffeltyd

    Trots SA

    Al ons produkte word geheel en al plaaslik vervaardig

  • icon for the laminate and high quality book design

    Duursaam

    Hoë gehalte papier, dikker en sterker as gewone kinderboeke

  • woven with stories and adventure icon

    Hartlik

    Geweef met temas van liefde, groei, deursettingsvermoë en avontuur

  • happy face for the different languages of Afrikaans and English

    Veeltalig

    Meeste boekies is Afrikaans, maar ons het ook in Engels

1 of 4