Skip to product information
1 of 5

Knuffeltyd

Ronnie die Renoster

Ronnie die Renoster

TOEKOMSTIGE VRYSTELLING

“Ronnie die Renoster” is ’n speelse speurverhaal vol humor, kattekwaad en slim raaisels. Wanneer mevrou Leeu se waardevolle kombers op geheimsinnige wyse verdwyn, word Ronnie gevra om die saak te ondersoek. Gewapen met sy notaboek, jas en fyn speurvernuf, volg Ronnie die leidrade deur Kameeldoringdorp — maar nie sonder ’n hele klomp onaangename verrassings nie.

Wanneer Ronnie uiteindelik die saak oplos, ontdek hy dat dinge nie altyd is soos dit lyk nie… en dat selfs die stoutste apies ook goeie bedoelings kan hê.

Met kleurvolle illustrasies, humoristiese dialoog en ’n storie wat jong lesers sal leer oor empatie, eerlikheid en reg en verkeerd, is “Ronnie die Renoster” ’n verhaal vir elke kind wat hou van raaisels en diere-avonture.

View full details