Kerneelsie + Plushie
Kerneelsie + Plushie
"Kerneelsie" is 'n opwindende en hartroerende verhaal oor 'n jong uiltjie wat sy eerste stappe in die wye wêreld neem. Van die oomblik dat Kerneelsie uit sy dop kruip, tot die dag wat hy sy vlerke vir die eerste keer sprei, is sy reis vol verrassings en lewenslesse.
Kerneelsie leer vinnig dat die wêreld nie net groot en intimiderend is nie, maar ook gevul is met vriendskap, moed, en die vreugde van nuwe ontdekkings. Wanneer hy en die oulike kolgansie, Saartjie mekaar "raakvlieg", vorm 'n kosbare vriendskap wat lei na baie avonture.
Deur hierdie verhaal van deursettingsvermoë, moed, en vriendskap, sal kinders inspireer word deur Kerneelsie se dapperheid en leer dat ware vriendskap alles kan oorkom.
Met sy pragtige taalgebruik en kleurvolle karakters is "Kerneelsie" 'n storie wat kinders van alle ouderdomme sal betower en die perfekte toevoeging tot enige kind se boekrak.
(Aangesien ons plushies in Suid-Afrika met die hand gemaak word, kan ons nie altyd presies dieselfde kleur materiaal kry nie. Ons probeer egter om dit so na as moontlik aan die voorbeeld in die foto te hou.)
Deel
Produk inligting
Produk inligting
Bladsye: 28 bladsye
Afmetings: 20 cm x 20 cm
Omslag: 350 gsm Sagte omslag met hoë kwaliteit mat laminering
Papiergewig: 200 gsm met hoë kwaliteit mat laminering
Geskikte Ouderdom
Geskikte Ouderdom
0-10 jariges
Taal
Taal
Afrikaanse Uitgawe
"Wat 'n wonderlike boekie! Dit is meer as net 'n storie - dis 'n pragtige les in vriendskap en vinnige dinkwerk. Beslis 'n treffer in ons huis. Dis wonderlik dat die boekies gelamineer is, so vuil handjies is nie die einde van die wêreld nie. Dankie vir die boek, Lindie."
-
Trots SA
Al ons produkte word geheel en al plaaslik vervaardig
-
Duursaam
Waterbestand, skeurbestand en bababestand
-
Hartlik
Geweef met temas van liefde, groei, deursettingsvermoë en avontuur
-
Veeltalig
Ons reeks boeke kom in Afrikaans en Engels